Netjiese aftree huis in die hartjie van die Bosveld.
Hierdie is ‘n netjiese, privaat losstaande eiendom in ‘n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoë bome. ‘n Ryk voël lewe en wildsbokkies wat kom kuier.
Die eenheid word gemeubileerd verkoop en bied uitstekende waarde.
Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die leefarea is deel van die oopplan kombuis.
Die kombuis het 'n houtkas en 'n houtblad. Daar is 'n twee plaat stoof, 'n mikrogolf oond en 'n klein yskassie. Eetgerei is ook ingesluit.
Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim en het 'n dubbelle ingeboude bed met 'n matras. Die tweede slaapkamer het twee ingeboude beddens met matrasse. Die badkamer bestaan uit ‘n bad, toilet, ingeboude wasbak.
Die leefarea is knus, het plek vir 'n bank en 'n klein eetkamerstelletjie. Daar is ook 'n televisie wat ingesluit is in die koopprys.
Die tuin is welig en het ook 'n vier sitplek bankie en tafel.
Daar is 'n afdak vir jou voertuig.
Die woon eenheid is baie sentraal geleë, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, jukskeibane, klubhuis en meer fasiliteite om van te droom.
Die eenheid kan ook geskik wees vir 'n enkellopende persoon.
Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!